Polisie vra hulp in verband met die moord op Katrien Mammatjie Malete

Mnr. Billy Chece

JAN KEMPDORP – Op 25 November 2019 is Katrien Mammatjie Malete, 25 jaar oud, in haar bed met kneusplekke aan haar kop gevind. Die SAPD op Jan Kempdorp is tans opsoek na mnr. Billy Chece. Hy kan moontlik die polisie van hulp wees met inligting oor die moord.

Enigiemand met inligting kan speurder-sersant Lionel Tau (060 976 9068) asook Ignatious Goaogwe (073 138 7205) kontak.  Alle inligting sal met die grootste belang van vertroulikheid behandel word. Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: