Polisie sak toe op bordeel in Bloemfontein

Deel hierdie storie / Share this story

Bloemfontein – Lede van die Valke en openbare orde-polisiëring het gister op ’n bordeel in die Vrystaat toegesak. Tien prostitute, waaronder een 14 jaar oud is, is gered en na ’n plek van veiligheid geneem.

Adj.-off. Lynda Steyn, polisiewoordvoerder, sê: “Sondag 12 Januaire omstreeks 13:00 het lede van die Hawks en openbare orde-polisiëring ’n woonstel in Nelson Mandela-rylaan, Bloemfontein, besoek waar ’n manlike verdagte (27)  in hegtenis geneem is. By hom in die woonstel was tien dames wat na bewering as prostitute onder sy bevel woon.”


“24 Klein bruinerige “steentjies”, vermoedelik dwelmmiddels, ’n lys van dames in ’n dagboek met die bedrae geld wat die prostitute per dag gemaak het, kondome en pype wat gebruik is om die “steentjies” te rook, is gevind en gekonfiskeer. Die tien prostitute is gered en na ’n plek van veiligheid geneem. Die 10de slagoffer, wat 14 jaar oud is, is aan ’n maatskaplike werker oorhandig,” sê Steyn.

Die verdagte sal Dinsdag 14 Januarie 2020 in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.