KURUMAN – Saterdag 11 Januarie 2020, omstreeks 19:00, is ’n manlike verdagte (20) vir roof op Kuruman in hegtenis geneem. Na berig het ‘n vrou (26) omstreeks 18:00 by die Kuruman-polisiekantoor aangemeld dat ’n onbekende man haar van haar selfoon beroof en haar met ’n mes gedreig het.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê: “Die polisie het na die verdagte gesoek en binne ’n uur kon die span daarin slaag om die verdagte in hegtenis te neem. Die geroofde selfoon en mes wat gebruik is, is in besit van die verdagte gevind.”
Die verdagte sal vandag in die landdroshof op Kuruman verskyn.




