Die Provinsiale Kommissaris bedank lede

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Die Provinsiale Kommissaris van die Noord-Kaap, Lt-genl Risimati Peter Shivuri bedank lede vir die polisiëring van die ANC-verjaardagvieringe, wat op 8 Januarie in Kimberley gehou is.

Die provinsiale kommissaris het lede van die SAPD, SANW, verkeer, gesondheid en rampbestuur geprys vir hul professionaliteit wat tydens die geleentheid getoon is. Die Provinsiale Kommissaris het verder daarop gewys dat die polisie se sigbaarheid en operasies sal voortgaan om te verseker dat persone veilig na hul verskillende bestemmings terugkeer.