Die LUR het hul meegevoel aan die familie van ’n slagoffer wat verongeluk het gestuur

Die LUR vir Vervoer, Veiligheid en Skakeling, mej. Nontobeko Vilakazi, het namens die Noord-Kaapse Provinsiale Regering haar meegevoel met die familie en vriende van die polisieman wat op 11 Januarie 2020 tussen 22:00 en 23:00 verongeluk het, gedeel. Die ongeluk het 12 kilometer vanaf Upington gebeur, in die Keimoes-omgewing naby Kalksloot.

Kop aan kop botsing

’n Bus wat ANC-ondersteuners na die ANC se 108ste verjaardagvieringe vanaf Kimberley vervoer het, was in ’n kop aan kop botsing met ’n motor waarvan die bestuurder ’n polisieman is, wat nie daardie stadium aan diens was nie.

Sewe passasiers is vir ligte beserings behandel

Die passasiers het dit reggekry om uit die bus te klim voor dit aan die brand geslaan het. Sewe passasiers is vir ligte beserings by die Harry-Surtie hospitaal behandel. Die motorbestuurder was vasgevang binne die voertuig en het brandwonde opgedoen toe die motor aan die brand slaan.

Mej. Vilakazi het die volgende gesê: “Ons is dankbaar dat die passasiers van die bus meestal net ligte beserings opgedoen het, maar ons is hartseer oor die lewensverlies van een van ons offisiere. Alhoewel ons in hierdie stadium nie kan uitspreek oor al die omstandighede rondom die ongeluk nie, moet ek alle motoriste vra om waaksaam te wees, veral tydens vakansiedae en wanneer groot gebeure plaasvind. In hierdie tye is daar groter hoeveelhede padgebruikers, wat beteken dat ons met ekstra hoflikheid en sorg moet ry. Openbare paaie is ruimtes wat ons almal deel. Ons moet met respek bestuur, met inagneming van ander padgebruikers en die reëls van die pad nakom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


The maximum upload file size: 10 MB.
You can upload: image.
Links to YouTube, Facebook, Twitter and other services inserted in the comment text will be automatically embedded.

%d bloggers like this: