KIMBERLEY – Werkers van Sol Plaatje-munisipaliteit is tans besig om strate en parke skoon te maak na die ANC se 108ste verjaarsdagvieringe wat gister plaasgevind het.
Inwoners van die stad was bekommerd na die strate en parke gisteraand vuil gelos is. Papiere, bottels en gemors was oral gestrooi.
Sol Plaatje se werkers het vroeg vanoggend aan die werk gespring en is tans besig om op te ruim. Die park oorkant die North Cape Mall is reeds skoongemaak. ’n Vullistrok doen die rondte en tel swartsakke vol gemors op.
Werkers van Sol Plaatje is ook in die New Park-area gesien waar hulle besig is om gemors op te tel.









