Man vir die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem

Deel hierdie storie / Share this story

KATHU – ’n Man (36) is Saterdag 11 Januarie omstreeks 06:35 in hegtenis geneem  nadat die polisie ’n leidraad van die gemeenskap optvang het. Gesteelde goerdere is in sy besit gevind.

Leidraad

 Maj.-genl. Johan Bean, polisiewoordvoerder, sê: “Kathu-polisielede van misdaadvoorkoming het na ’n sekere huis gegaan en ’n soektog uitgevoer. Al die goed wat ontdek is, is gekoppel aan ’n huisbraak- en diefstalsaak wat op Kathu aangemeld is. Die waarde van die items wat verhaal is, is R9 000.00.”

Beroep op tweedehandse winkels

Bean het ook ’n beroep op alle tweedehandse winkels gedoen om rekord te hou van alle mense wat na hul plek kom en goedere verkoop. Dit sal die polisie help om diegene wat gesteelde goedere verkoop, op te spoor.

Die verdagte sal Maandag 13 Januarie in die landdroshof op Kathu verskyn.