Kimberley – Groot
opgewondenheid heers oor die Krieketwêreldbeker wat volgende week in Kimberley
afskop. Die openingswedstryd word op 17 Januarie 2020 hier gespeel.
Nege van die O.19 Wêreldbeker-krieketwedstryde gaan in Kimberley aangebied
word. Die internasionale toernooi vind plaas vanaf 17 Januarie tot 9 Februarie
2020.



