Werknemers bedrieg met boedel

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Twee verdagtes tussen 40 en 54 jaar sal na verwagting op Donderdag 9 Januarie 2020 in die landdroshof op Kuruman op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery verskyn.

’n Voormalige werknemer van die Kuruman-bank, ‘n direkteur van die departement van openbare werke in Mahikeng en medepligtiges is Dinsdag en Woensdag in Limpopo en Noordwes-provinsies deur die Valke in hegtenis geneem

Die voormalige werknemer van die Kuruman-bank het glo op 19 Junie 2016 bedrog gepleeg met ’n bedrag van R649 000. Bedrog is gepleeg met die klaer in die saak se oorlede vader se boedel en onder die verdagtes se bankrekeninge gedeel. Die hoofverdagte het die oopmaak van bedrieglike rekeninge vergemaklik en die genoemde bedrag oorgedra soos ooreengekom.


Al die verdagtes word aangehou hangende hul hofverskyning.