Jean-Marie Spicer was twee maande gelede op slegs 34 ’n weduwee. Haar man, James (38), het onverwags en noodlottig met sy motor verongeluk.
Waar sy in Mugg & Bean sit, is sy enkelma van twee dogtertjies, Milay (10) en haar en James se dogtertjie, Blakelyn (3).
“Die aand van sy ongeluk het ek ontsettend gehuil. Dit was so ’n groot skok. Blakelyn het heeltyd gevra hoekom ek huil. Ek en sy was in Johannesburg vir my werk. Sy troos my nou en sê Pappa kyk vanuit die hemel op ons neer.”
In die nuutste Vrouwees-uitgawe kan jy verder lees oor hoe Jean-Marie die lewe aangryp.



