Wenke om voorbereid te wees vir beurtkrag

Deel hierdie storie / Share this story

Beurtkrag kan ons enige tyd onkant vang en FiND iT wil jou help om so voorbereid as moontlik te wees indien daar nie binnekort ’n lig aan die einde van hiérdie donker tonnel gaan wees nie.

Hier volg ’n paar wenke:

  • Plaas die voorafgeskeduleerde beurtkragprogram op ’n sigbare plek sodat jy vroegtydig voorbereid kan wees;
  • Probeer soveel as moontlik 1,2 en 5 liter houers met water vries om in julle yskaste en vrieskaste te hou vir wanneer die krag vir lang tye gaan af wees. Hierdie waterhouers sal help om te keer dat die kos en gevriesde goed in jou yskas en vrieskas nie afgaan en bederf nie;
  • Skaf ’n tweeplaat gasstoof aan met ’n 5 kg gasbottel waarop julle kan kook of water kan warm maak vir was;
  •  Tref vroegtydig voorsorg en kry soveel moontlik blikkieskos wat nie onnodige kookwerk nodig het nie en sommer gou op die gasstoof voorberei kan word;
  • Jou selfoon en skootrekenaar moet vroegtydig gelaai word sodat jy dit kan gebruik tydens ’n kragonderbreking;
  • As jy ’n elektriese hek of motorhuis het, maak seker jy het genoeg batterye wat jy kan inspan sodra ’n krisis opduik;
  • Vir al die liefhebbers van koffie en tee, kook vooraf water en gooi dit in ’n warmfles indien jy lus is vir ’n warm koppie koffie of tee;
  • Maak die deure van jou vrieskas en yskas slegs oop indien dit noodsaaklik is;
  • Maak seker jy het genoeg kerse en selfs ’n gaslampie of twee. Plaas die kerse buite bereik van klein kinders;
  • Bedien kosse soos ham-, kaas- en tamatiebroodjies wat nie elektrisiteit benodig om voor te berei nie.