Zineldi van Heerden is ’n hardwerkende student wat laasjaar by Hoërskool Diamantveld gematrikuleer het. Hierdie passievolle meisie beplan om medies aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer of tandheelkunde aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Sy behoort haar finale besluit teen die 13de te maak. Sy het haar vakansie op die NetMatriek-bootreis deurgebring en kosbare kwaliteit tyd saam het haar familie gehad. Sy het ’n groot passie vir mense, veral babas en het ook gehelp by ’n huis van veiligheid vir babas. Sy is ’n doelgerigte person en FiND iT wens haar alle sterkte toe met die nuwe jaar en seisoen wat voorlê.



