Tasha Muller wat laasjaar by Hoërskool Diamantveld gematrikuleer het, gaan vanjaar in Potchefstroom studeer. Sy gaan verbruikerswetenskap met produkontwikkeling en voedselvoorsiening swot. Sy is ’n absolute mense-mens en gaan in Wag-‘n-Bietjie-dameskoshuis bly. Sy kuier vakansies meestal saam met haar vriende en familie. Hierdie plaasmeisie is ook lief vir springhaasjag, braai en ’n lekker swemsessie in die dam. Sy probeer om so veel as moontlik koffie-afsprake maak na die besige jaar wat verby is, om te hoor hoe dit met al haar vriende gaan. FiND iT wens haar alle sterkte toe met die nuwe lewensavontuur wat voorlê.



