ROODEPAN – Polisie het daggaplante by ’n huis is Sweatpeastraat gekonfiskeer.
Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê: “Polisielede wat gedurende die feestyd in Roodepan ontplooi was, het agterkom dat daggaplante in die agtertuin van ’n huis in Sweepeastraat in Roodepan gekweek word. Die straatwaarde van die daggaplante word op R60 000 geraam.”
“Die lede het die daggaplante gekonfiskeer. Die polisie sal voortgaan om dagga op die strate uit te roei,” sê Gamieldien.







