Huise toe onder rioolwater

Deel hierdie storie / Share this story

ROODEPAN  – Huise in Ravelstraat, Roodepan is toe onder die rioolwater. Inwoners kan nie by hulle huise uitbeweeg nie.

Volgens inwoners bestaan die probleem al maande lank en het elke persoon in die straat dit al gerapporteer.

’n Inwoner van die gebied het aan FiND iT gesê die rioolwater dam nou so vinnig op dat as dit nog ’n dag  gegee gaan word, dit binne-in  die huise gaan loop.

FiND iT het navraag by Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen, maar wag steeds vir ’n antwoord.