KIMBERLEY – ’n Informele huis is in die veld oorkant Buco in Herculesstraat opgeslaan.
’n Inwoner van die stad het aan FiND iT gesê sy sien die huis al van verlede week af in die veld, maar is onseker aan wie dit behoort of hoeveel mense daar woon.
Met FiND iT se besoek kon niemand naby die huis opgespoor word nie.
Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê dit is onwettig om enige struktuur sonder die munisipaliteit se toestemming op te rig. Die munisipaliteit sal ondersoek instel.



