COLVILLE – ’n Swanger vrou (22) is na bewering Saterdag laatmiddag met ’n sementklip in ’n veld in Colville doodgekap. Die vrou was vyf maande swanger.
Ooggetuie sien
’n Ooggetuie het na bewering gesien hoe die verdagte die jong ma nader en haar aanval. Die ooggetuie het die polisie en nooddienste gebel, maar die verdagte het reeds van die toneel gevlug.
Beswyk aan wonde
Die vrou is na die hospitaal gehaas, maar het laat Saterdagaand aan haar wonde beswyk.
Kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van moord is geopen. “Na bewering is die vroulike slagoffer deur ’n voetganger in die veld in Colville gevind. Die omstandighede rondom die voorval is steeds onbekend. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”
Enigiemand met inligting moet vir kapt. Modise by 0827769076 of 0860010111 skakel. Enige inligting ontvang, sal streng vertroulik hanteer word.



