Polisie geprys vir hoë sigbaarheid

Deel hierdie storie / Share this story

KURUMAN – Die polisie hier is geprys vir hulle hoë sigbaarheid gedurende die feestyd.

As deel van die Veiliger Feesseisoen-projek het die polisie in die Noord-Kaap op 26 Desember  ’n padblokkade op die N14-pad gehou. Na die padblokkade is die hele span na  Kuruman. Winkelsentrums, kitsbanke, parke en al die strate is gepatrolleer.

Maj.Genl. Johan Bean, polisiewoordvoerder, sê: “Tydens hierdie operasies het lede van die gemeenskap wat polisielede op straat teëgekom  het, die polisie  geprys vir hoë sigbaarheid, want hulle voel veilig en beskerm.”

Bean het voortgegaan om te sê die polisie wil verseker dat alle mense in die gemeenskap veilig is en voel.