Polisie konfiskeer drank en sluit sjebien

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD –KAAP – Die Roodepan-polisie het in die vroeë oggendure ’n klopjag op ’n sjebien in Lerato Park uitgevoer. Die eienaar van die sjebien is in hegtenis geneem.

Kol. Regina Mienies, polisiewoordvoerder, sê die polisie is besig om onwettige drankhandel streng te vervolg. “Die polisie het die sjebien laasweek besoek. Die eienaar het egter voortgegaan om handel te dryf en vanoggend is drank ter waarde van R8000  gekonfiskeer en die sjebien is gesluit.”

Mienies het die taverne-en sjebien-eienaars gewaarsku sy sal hard teen hulle optree en  die wet kragtig handhaaf.