August 4, 2021

Water lek vir weke in Herlear

KIMBERLEY – Water lek al vir weke in Herculesstraat, Herlear. Inwoners van die gebied het die probleem al weke gelede gerapporteer.

Volgens inwoners word daar daagliks gebel om die probleem te rapporteer, maar steeds word dit nie herstel nie. “Die water loop al in Mainstraat af tot in Beaconsfield,” het ’n besorgde inwoner aan FiND iT gesê.

FiND iT het navraag by Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, gedoen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *