Is alkohol so sleg?

 ’n Alkoholiese verversing so nou en dan kan mos nie skade doen nie, of kan dit? Watse langdurige effek het dit op ’n vrou?

Alkohol word in jou bloedstroom opgeneem en dit affekteer elke deeltjie van jou liggaam. Vrouens se liggame absorber meer alkohol en dit vat langer om afgebreek en verwyder te word. Vrouens se liggame bevat minder water en verdun alkohol minder doeltreffend as mans.

Lewerskade

Vroue wat gereeld alkohol misbruik, se kans is groter as mans om alkoholiese hepatitis te ontwikkel –  ’n potensieel dodelike alkoholverwante lewertoestand. Hierdie patroon kan ook lei tot lewersirrose – permanente lewer littekens

Hart

Misbruik van alkohol op lang termyn is die grootste oorsaak van hartsiektes. Vroue is meer vatbaar vir alkoholverwante hartsiektes as mans omdat vrouens se liggame alkohol stadiger verwerk.

Borskanker

Daar is ’n verband tussen die drink van alkohol en die ontwikkeling van borskanker. Studies bewys dat vroue wat ongeveer een drankie per dag verbruik, se kanse om borskanker te ontwikkel is 5 tot 9 persent groter as vrouens wat glad nie drink nie.

Sig

Eerstens benadeel alkohol jou oog spiere se vermoë om behoorlik te funksioneer. Die belangrike spiere in jou oë kan dus deur herhalende alkoholgebruik beskadig word. Alkohol kan ook senuwees beskadig, soos die optiese senuwee, wat ’n boodskap aan jou brein stuur wat jy sien.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *