Die Facebook-groep #ImStaying het onlangs sy lede uitgedaag om tydens die feestyd 100% van hul rekening as fooitjie aan kelners te betaal.
Lede van die groep het die uitdaging ernstig opgeneem en daar word daagliks foto’s opgelaai van mense wat presies doen wat die uitdaging vereis.
Die groep het ongeveer 978 000 lede en kry elke dag nuwe lede by.












