Honde histeries van vuurwerke

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ’n Leser het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om nie vuurwerke te skiet nie. Sy drie honde is beseer nadat hulle histeries geraak het toe ’n inwoner in die buurt vuurwerke geskiet het.

Jaco Wilkens, van Beaconsfield, sê hy is baie ontsteld en gaan nie die saak net hier los nie. “My honde het so bang geraak en hulle het hulleself beseer.”

Sy drie Pit bull honde, Rinkals, Diesel en Luka het “heel mal” geraak. “Dit was baie rof.”

“Dit gaan my duisende rande kos om my honde te behandel. Ek gaan ’n saak maak. Daar is nog van my bure wat ook ontsteld is oor die vuurwerke.”

Die vuurwerke is net na middernag op Ou Kersaand geskiet.