Whatsapp-nommer skoonveld?

Gebruik jy ’n selfoonnommer net vir Whatsapp alleenlik, maar nie die SIM-kaart self nie? Het jy geweet netwerk-diensverskaffers gee jou nommer vir iemand anders as die nommer drie tot ses maande nie enige uitgaande oproepe maak nie?

Whatsapp verdwyn

’n Inwoner van die stad se Whatsapp-profiel het vanoggend net verdwyn en is vervang met dié van ’n onbekende persoon. “Ek het dié nommer slegs vir Whatsapp gebruik en nie die SIM-kaart in ’n foon gehad nie. My Whatsapp het vanoggend net self uitgeteken en ek kon nie weer toegang kry nie.”

Die inwoner se Whatsapp-profiel is nou dié van ’n onbekende persoon.

Drie tot ses maande ongebruik

Rudi Pieterse, bestuurder van Vodacom in Kimberley, sê: “Sodra ’n nommer tussen drie tot ses maande nie enige uitgaande oproepe maak nie, word daai nommer eers van die netwerk afgehaal. Die nommer lê dan eers onaktief vir drie maande voordat dit vir iemand anders gegee word. Die SIM-kaart kan ook nie net SMS’e of oproepe ontvang nie. Die persoon moet uitgaande oproepe maak.”

Onthou om minstens twee keer per maand uitgaande oproepe te maak om jou SIM-kaart aktief te hou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *