Polisie soek hulp met moordsaak

Deel hierdie storie / Share this story

GALESHEWE – Speurders hier versoek die publiek se hulp met die opsporing van Sipho Mlhongo (27).

Met mes gesteek

Sers. Steven Wax, polisiewoordvoerder,  sê  ’n man is na bewering  op 14 November omstreeks 21:00 van sy selfoon beroof. “Die slagoffer is in sy nek gesteek. Die man is in die hospitaal opgeneem, maar het aan sy wonde beswyk.”

Op soek na Mhlongo

“Die polisie is op soek na Sipho Mhlongo, wat die polisie met die moordondersoek kan help. Sipho Mlhongo is nooit weer ná die voorval gesien nie en hy is vermoedelik in die KwaZulu-Natal provinsie.”

Enigiemand met inligting word versoek om sers. Steven Wax te kontak by 082 469 1728 of 053 807 6000.

Alle inligting sal met die grootste vertroulikheid hanteer word.