KIMBERLEY – Sol Plaatje-munisipaliteit was vandag besig om gate in die pad in Synagoquestraat te herstel.
FiND iT het verlede week berig van die gevare by die vierrigtingstop in Synagoquestaat. Die gate, wat vol water is, is dieper as wat hulle voorkom en maak dit onmoontlik om daar te ry.
Ockie Fourie, DA-raadslid van wyk 25, was saam met die munisipaliteit op die toneel. Hy het die foto’s aan FiND iT verskaf. “Dit is ’n gevaarlike situasie omdat voertuie oorbeweeg na die verkeerde kant van die pad om die gate te vermy.”
Sol Plaatje-munisipaliteit is hierdie week besig om aandag aan probleem-areas te gee.





