KIMBERLEY – Ockie Fourie, DA-raadslid van wyk 25, saam met Sol Plaatje-munisipaliteit, het die veld by Buco, in Herculesstraat, Beaconsfield, skoongemaak. Die projek is daagliks in verskeie buurte herhaal.
Alhoewel Fourie met verlof is, het hy ’n gedeelte van sy vakansie opgeoffer om die werkers te help om probleemgebiede in dié buurt te takel.
Inwoners van die gebied is baie bly oor die veld wat nou skoon is en het Fourie vir sy harde werk geprys.






