Voëlklip eis talle lewens

Deel hierdie storie / Share this story

Minstens agt mense se lewens is die afgelope vier jaar kortgeknip op Voëlklip, die piekniek- en visvangplek naby Heroldsbaai, waar Heidi Scheepers se voertuig onlangs by ’n krans af gery het. Sommige is dood in motorongelukke, terwyl ander van die rotse afgeslaan is terwyl hulle visgevang het.

Een so ‘n geval was dié van Warrick Dickson (14), ’n Kimberliet en leerder by Hoërskool Diamantveld, wat in Desember 2015 van die rotse by Voëlklip afgeslaan is terwyl hy en sy nefie, Josh Allpass (15), visgevang het.

Hier is foto’s van kruise en blomkranse wat deur naasbestaandes by Voëlklip gelos is ter herinnering aan geliefdes wat hulle lewens daar verloor het.