Vermiste sussies opgespoor

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP –Twee sussies, 12 en 5 jaar oud, het Vrydag 13 Desember op Cradock in die Oos-Kaap verdwyn. Speurder-konst. Sibongile Ngesi het aan FiND iT bevestig dat die twee sussies veilig in Pretoria gevind is.

Na bewering is die meisies in die wetlike sorg van hul oupa. Hulle het Vrydag verdwyn nadat die kinders hulle biologiese ouers besoek het. Die polisie bevestig die egpaar het verdwyn kort na die twee meisies by hulle huis afgelaai is. ’n Maatskaplike werker sou die egpaar besoek.

Na bewering het die egpaar met ’n reissak en die kinders verdwyn.

Ngesi het aan FiND iT bevestig dat die oupa tans op pad is Pretoria toe om die sussies daar te ontmoet.