Super Stone-myn is tans besig om die reënwater wat al vir dae lank in die duikweg in Beaconsfield lê, uit te pomp.
Trokke en bakkies het omstreeks 10:00 vanoggend by dié duikweg opgedaag en begin om die reënwater uit te pomp.
Lucky Nieklaasen, voorman by Super Stone sê die Munisipaliteit neem te lank om die duikweg leeg te maak. “Dit veroorsaak dat almal ‘n ver ompad moet ry. Dit is vir die myn ook ongerieflik om ompad te moet ry. Ons het besluit om nie langer te wag nie en dit eerder self te doen.”
Daar het ook vandeesweek ’n voertuig in die water in die duikweg vasgesit.







