Bybelliedjies vir Kleintjies en Kleuters

Deel hierdie storie / Share this story

Gertie Smit, vroeë kinderjare-ontwikkelingspesialis se boek met 40 splinternuwe liedjies gebaseer op Bybelverhale en karakters, sowel as liedjies wat goeie waardes en eenvoudige gebede vir kinders leer, is nou beskikbaar op www.tafelberg.com

Die boek bevat stories en liedjies uit die Bybel, aangebied op ’’n kindervriendelike manier. Dit verskaf uitstekende geleentheid vir voorskoolse kinders om saam te luister en te gesels oor Bybelinhoud en waardes.  Die boek is perfek vir by die kleuterskool, tydens kleuterkerk of by die huis.

Bram Potgieter se pragtige musikale verwerkings en Marlie Katzke en André Terblanche se stemme sorg vir ure se luisterpret!

Vir ouers of opvoeders verskaf die handige gebruiksgids agterin dieboek agtergrond en idees oor hoe om die stories en liedjies te gebruik.
Die CD bevat al die liedjies asook hervertellings van 6 gunsteling Bybelverhale met musiek, bv. The Good Samaritan, The Lost Sheep en  The Christmas Story. Illustrasies is deur Tasia Rosser.