KIMBERLEY – Inwoners van Rhodesdene is ontsteld oor die veld in Rhodeslaan wat in ’n stortingsterrein verander. Onbekende mans het omstreeks 14:00 vanmiddag daar tuinvullis gestort.
Ferdi Coetzee, ’n inwoner van die gebied sê dit raak nou ’n ernstige
probleem omdat almal, inwoners ingesluit, hulle tuinvullis en ander vullis in
die veld stort.
“Die inwoners het gereeld die veld skoongemaak, maar niemand doen dit nou meer
nie.”
Hy het ook die munisipaliteit probeer kontak om die voorval aan te meld.



