KIMBERLEY – Die kragonderbreking wat vanoggend in South Ridge en Klisserville ervaar is, was weens herstelwerk aan ’n kragpaal in Landbouweg.
So bevestig Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit. FiND iT het twee weke gelede oor dié kragpaal wat in Landbouweg beskadig was berig.



