Gee van jou vakansie vir Kaapse pikkewyne

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD – Sankub in Tafelsig benodig dringend ekstra vrywilligers om te help met daaglikse take hier gedurende die besige feesseisoen. 

Volgens hulle Facebook-inskrywing het hulle hulp nodig met die voorbereiding van voer en opruiming.

Indien jy ouer is as 18 kan jy halfdag tussen 08:00 en 13:00, 12:00 tot 17:00 of ’n volle dag help om met die pikkewyne te help. As jy hier by die see vakansie gaan hou, kyk of jy kan help. Kontak vir Angela by 021 557 6155 of e-pos [email protected].