August 4, 2021

Water stroom vier maande lank

Water stroom uit ’n gat in die pad in Avivaweg. Volgens inwoners stroom die water al vir om en by vier maande lank.

Inwoners van die gebied het die waterlek al meer as een keer gerapporteer en niks word aan die probleem gedoen nie.

Die gat in die pad veroorsaak ook dat motoriste na die ander baan moet oorgaan om die gat te vermy.

FiND iT het navraag by Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, gedoen en wag vir terugvoer.  Ons hou julle op hoogte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *