Water stroom al ’n geruime tyd uit ’n lekkasie op die hoek van Anderson-en Schmidtsdriftstraat.
’n Besorgde leser het die probleem aan FiND iT uitgewys en is bekommerd oor die hoeveelheid water wat gemors word.
FiND iT het navrae by Thoko Riet, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer. Ons hou julle op hoogte.





