Boer benodig hulp na 119 skape gesteel word

Deel hierdie storie / Share this story

CHLOORKOP – ’n Boer van Chloorkop in Kempton Park in Gauteng doen ‘n beroep op die publiek vir hulp om 119 skape wat Saterdagaand by ’n plaas hier gesteel was, op te spoor . 

Eddie Olivier, die plaaseienaar, sê dié skape, onder andere Dorpers en Merinos, is oor die naweek uit sy krale gesteel. 

Hy vra die publiek om op die uitkyk te wees vir die EHO-tattoeermerk in die ore en drie geverfde nommers (pryse) op die rug. Enigeen met inligting kan vir FiND iT kontak by [email protected] of find-it.co.za/whatsapp/michael