February 28, 2021

Verkeersbeampte skiet gewapende taxibestuurder dood

Argief.

BLOEMFONTEIN – Die Vrystaatse polisie ondersoek ’n saak nadat ’n verkeersbeampte gister omstreeks 15:40 hier op die hoek van St George- en Harveystraat ’n gewapende taxibestuurder doodgeskiet het.

Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, het aan OFM bevestig ’n onderonsie het tussen die bestuurder en die beampte, wat aan diens was, uitgebreek.

Sy sê die oorledene het ’n mes uit die taxi gaan haal en het glo die beampte probeer steek. Die beampte het ’n skoot afgevuur en die bestuurder is op die toneel dood.

Die polisie het beslag gelê op ’n mes. Mbambo sê ’n saak van moord en die versuim om verkeersregulasies te eerbiedig, word ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: