KURUMAN – Tshepo Saul (40) en Brian Nkatswang (33) is elk agt jaar tronkstraf gevonnis nadat hulle in Augustus 2016 ’n Ford Bantam-bakkie in die Kuruman-middedorp gesteel het.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is gister in die Mothibistad-streekhof gevonnis.
Die suksesvolle vervolging is te danke aan speurder-konst. Richard Maekeco van die Kimberley-polisie se speurtak se uitmuntende ondersoek, sluit Ramatseba af.



