MOTHIBISTAD – ’n Man(32) is hier lewenslank gevonnis vir die verkragting van sy 18-jarige niggie.
Die slagoffer het vir haar oom, Keobakile Gilbert Petrus, in Batlharos, gaan kuier en is versoek om oor te slaap omdat dit laat was om ’n taxi terug huis toe te neem. Petrus het die slagoffer dieselfde nag twee keer verkrag en die volgende oggend gedreig om haar dood te maak as sy dit ooit vir iemand vertel. Die slagoffer het haar kêrel vertel en hy het die saak toe by die polisie aangemeld. Petrus is in hegtenis geneem, maar is later borgtog toegestaan.
Die beskuldigde, Keobakile Gilbert Petrus (32) is op 05 Desember 2019 in die streekhof in Mothibistad skuldig bevind en gevonnis.
Brig Ramatseba, woordvoerder van die polisie, sê: “Die vonnis sal nie die emosionele littekens op die slagoffer genees nie, maar dit sal sekerlik ’n boodskap aan ander oortreders stuur wat meen dat hulle die reg het om teen vroue te oortree. Die arm van die wet lank is en altyd sal seëvier.”



