Jennifer Lopez se rol in Hustlers het haar bemagtig

Deel hierdie storie / Share this story

Wat doen jy wat uit jou gemaksone is op 50?
As jy Jennifer Lopez is, hang jy onderstebo aan ’n paal en “strip”.

Dié sanger en aktrise, wat op 50 beter lyk as ooit, sê sy het self al die tonele in haar nuwe fliek, Hustlers, gedoen.“Ek wou hê mense moes weet ons het nie ‘doubles’ gebruik in die fliek nie.”

Lopez vertel haar groot ontkleeroetine was aanvanklik nie in die finale snit van die film nie, maar sy het gevoel dit is belangrik om dit tog te wys. “Mens moes sien dat my karakter die ster van die klub was.” Lopez sê sy moes oor haar vrese kom en die eerste keer wat sy moes ontklee, was sy baie senuagtig.


Tog sê sy, sy was bemagtig deur die ervaring. Daar was drastiese emosies voor en na die tyd –  van totale skok tot totale geluk. Dit was moeilik, skrikwekkend, maar ongelooflik,” sê Lopez.

Lopez vertel ook daar was ’n tyd in haar lewe, vroeg in haar loopbaan, waar sy gedink het om eerder op te gee. Die aktrise het erken dat daar ’n tyd was toe sy dit oorweeg om haar musiek- en toneelspelloopbaan agter te laat weens al die slegte opmerkings wat sy ontvang het. “Ek het geleer dat ek weet wie ek is, ek weet wat ek doen, ek weet dat ek ’n goeie mens is, ek weet ek is net besig om hard te werk en probeer om myself kreatief te vervul.”

“Daar was ’n tyd in my lewe toe dit vir my erg was en dit was so seer en moeilik om die kritiek te hoor dat ek gedink het ek wil dit nie meer doen nie, ek wil nie die persoon op die voorblad van die tydskrifte vir twee en ’n half jaar elke week wees nie. Ek wil nie. Dit is mal. Hoekom ek?

Kyk die flieks Hustlers om die uitstekende rol te sien wat Lopez speel.