Minerva Gardens aftreeoord wy nuwe braai in

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Minerva Gardens, ’n aftreeoord in die stad, het gister hulle nuwe braai vir inwoners ingewy. Die stene, bouwerk en die kos vir hierdie geleentheid is deur verskeie mense aan die oord geskenk.

Mnr. Deon du Plessis, van Vermeulens, het stene geskenk om die braai te bou.
Marx Mutsure, van Kingdom Classic Bouers, het die braai gebou.
Mnr. Larry Schoeman, van Horseshoe, het slaaie, sherry en potbrood geskenk.

Zurina en Gerhard Karsten, van Toeka tot Nou, het ’n lam en slaaie geskenk vir die openings geleendheid.

Bestuur van die oord is baie dankbaar vir skenkings, sodat daar in die toekoms meer soortgelyke funksies vir inwoners van die oord aangebied kan word noudat daar braaigeriewe is.

Bestuur gaan die fondse wat ingesamel is, gebruik om sekuriteit in kompleks op te skerp deur kameras te installeer wat 24 gemonitor word.