“Ons is teen die grond” – boer van Vanwyksvlei

Foto: Facebook (GWK)

NASIONAAL. – GWK het Woensdag op ’n twee-dag toer vertrek om areas te besoek waar boere regtig in die nood is weens die voortslepende droogte.

Op hulle Facebook-blad het hulle gesê hierdie toer lê baie na aan hulle hart. “Saam met lede van die nasionale media gaan ons vir die volgende twee dae areas besoek waar boere regtig in nood is weens die langdurige droogte. Suid-Afrika se boere het ondersteuning nog nooit só nodig gehad soos vandag nie.”

Veldtog

Hierdie toer is deel van hulle #net’ndruppel-veldtog.

“Dit is dalk net ’n druppel, maar dit is ’n teken van lewe.

Dit is dalk net ’n druppel, maar dit les dalk ’n bietjie van die dors.

Dit is dalk net ’n druppel, maar dit is ’n bewys dat ons raaksien, besef en wil help.

Dit is dalk net ’n druppel, maar dit help dalk om die emmer vol te maak.”

Boere in nood

Dirk Sacco, ’n boer van Vanwyksvlei, het aan GWK gesê hulle weet nie meer aan watter deur om te klop vir hulp nie. “Ons is teen die grond,” sê Sacco.

Foto: Facebook (GWK)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: