Man met sakkies, glo vol dwelmmiddels, gevang

HARTSWATER. – ’n 23-Jarige man is tydens ’n stop-en-soek operasie in hegtenis geneem omdat hy vermoedelik dwelms in sy besit gehad het.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê polisielede het gister, omstreeks 12:45, by die taxi-staanplek hier ’n groep jong mans gesien en hulle probeer nader, waarna die mans gevlug het. “Hulle het een van die verdagtes gevang en 16 klein plastieksakkies, wat vermoedelik dwelmmiddels soos heroïne bevat, gevind.

“Hierdie sakkies het 7,65 g geweeg en het ’n beraamde straatwaarde van sowat R1 530.”

Ramatseba sê die verdagte sal binnekort in die Hartswater-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: