Nege van die O.19 wêreldbeker-krieketwedstryde, asook die opening, gaan in Kimberley aangebied word.
Die Internasionale Krieketraad, in samewerking met Krieket Suid-Afrika, het vandag aangekondig nege van die 49 wedstryde gaan hier gespeel word.
Die openingswedstryd word op 17 Januarie, 2020, hier gespeel.
Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, is baie trots om die krieketwedstryde hier aan te bied. “Die aanbieding van die O.19 wêreldbeker-krieketwedstryde hier is in ooreenstemming met die provinsie se plan om Kimberley as ’n sport-toeristebestemming te bemark. Daar is reeds planne in plek om te voorsien dat Kimberley skoongemaak word voor die toernooi hier aangebied word.”
Rihan Richards, voorsitter van Noord-Kaap Krieket, het die premier bedank vir sy betrokkenheid en versekering dat die toernooi ’n sukses sal wees.
“Dit is goed om te weet die internasionale krieketraad, Krieket Suid-Afrika en die plaaslike regering, het genoeg vertroue in Noord-kaap Krieket om nege wedstryde, sowel as die opening, aan te bied.”
Die internasionale toernooi vind plaas vanaf die 17 Januarie tot 9 Februarie 2020.
Volledige program om te volg.



