Nog ’n terreurbeweging teen Christene

Deel hierdie storie / Share this story

PRETORIA – ’n 46-Jarige verdagte van Kuilsrivier, Kaapstad, is in hegtenis geneem vir beweerde terroriste-aktiwiteite, die onwettige besit van ’n vuurwapen en plofstof.

Die verdagte is Donderdag op sy sakeperseel in hegtenis geneem tydens ontwrigtende optrede deur die Valke se ernstige georganiseerde ondersoek en misdaadintelligensie.

Brig. Hangwani Mulaudzi, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het bande met vier ander verdagtes wat reeds vir beweerde terroriste-aktiwiteite teen Christene aangekla is. Die verdagte is Donderdag op sy sakeperseel deur die Valke in hegtenis geneem.

Hy sal binnekort in die landdroshof op Kuilsrivier verskyn. Die ondersoek duur voort.