KIMBERLEY. – Altesaam 100 skaatsplanke word die naweek hier tydens die Kimberley Diamond Cup, ‘n sport-belaaide naweek, aan kinders in die gemeenskap oorhandig.
Hier oorhandig dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, 10 skaatsplanke tydens ‘n geleentheid Donderdagaand by die Mittah Seperepere-konvensiesentrum aan kinders.
Die naweek hoop om sport onder kinders te bevorder en ‘n toeriste-inspuiting vir die stad te wees.
Verskeie bekende en internasionale BMX- en skaatsplankryers besoek Kimberley die naweek.
Kyk die video hier:



