Free tickets op Howler vir KDC – say what?

Deel hierdie storie / Share this story

Boeta sit kop onderstebo. Hy is alleen by die huis en is baie verveeld. Sy ma en Brendon is begrafnis toe. Die krag is af en die koue weer maak dinge ook net erger. ‘n Klop aan die voordeur laat hom regop sit. 

“Wies daa?” Die deur gaan oop en Wilson verskyn. 

“En nou, wies dood?” 

 Boeta skud sy kop. 

“Man is net verveeld.” 

Wilson kom nader. Hy grinnik. 

“Kom saam.” 

Boeta frons. 

“Wantoe??! “

“KDC.” 

“Mxm. Jy ken dan man hettie geld vi tickets nie.” 

“Ek kan organize” 

Boeta kyk agterdogtig na Wilson. 

“By wie??” 

Skielik haal Wilson sy selfoon uit sy broeksak uit. 

“By howler.”

“Wies dit?” 

Nou grinnik Wilson vir eers. Hy begin tik op sy Phone. 

“Nie wie nie. Dis ‘n website waa ‘n mens free tickets kan kry.” 

“Free??” sê Boeta verbaas. 

“Ja. Free en ek kan register vi vyf tickets…” 

Hy kyk na Boeta. 

“Dan kan jy even vi Leticia saamnooi.” 

Boeta rol sy oë. 

“Jy ken ons praat nie.” 

“Ek weet.” sê Wilson. 

“Maar Leticia is ‘n groot fan van Mi Casa…” 

Boeta spring opgewonde van die sittee af op. 

“Hoelaat begin die event?” 

“Nou one o’clock en as ons nou loop dan is ons in tyd vir die BMX show!” 

Lees meer hier!