Man vas vir R81 200 se dagga

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON. – ’n 37-Jarige man is gister hier in hegtenis geneem nadat 11,6 kg dagga, ter waarde van R81 200, in sy besit gevind is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die Upington-grenspolisie en die K9-eenheid het inligting opgevolg oor dwelms wat by ’n perseel in Paballelo geberg en verkoop word. “Daar is beslag gelê op 11,6 kg dagga, wat ‘n beraamde straatwaarde van R81 200 het.

“Die verdagte is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Upington-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.”