NOORD-KAAP. – Polisielede van Hartswater, die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS), veiligheidsvrywilligers, die departement van gesondheid en meer het ‘n veldtog vir die bewusmaking van huishoudelike geweld en seksuele misdrywe by die Jerry Botha-kliniek begin.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê kapt. Letlamoreng Ferrelson, van die FCS-eenheid, het die gemeenskap aangemoedig om onmiddellik of binne 72 uur kriminele oortredings aan te meld. “Hy het ook herhaal dat die gemeenskap nie sake wat betrekking het tot huishoudelike geweld onnodig terugtrek nie en hulle moet verhoed om vals sake aanhangig te maak.”
Ramatseba sê slagoffers het ook sweetpakke van die FCS ontvang.




